top of page

SA's in Worcester

12-14/03/2020 
DSC04484.JPG
DSC05112.JPG
DSC05100.JPG
IMG_0437.JPG
Mr Swart with HJS tug-of-war team 2018 after SA's
​

Wat julle moet saambring:

​

Toiletware en handdoek,

Geborgde klere,

Slaapklere,

Klere vir by die gastehuis,

Toutrek boots, tekkies en sokkies,

Rugbykouse x 2

Boishaai pet en Boishaai broek (vir inweeg)

Kampstoel

! maak seker elke item is gemerk met jou naam!

.

Vervoer:  Voordat enigiemand Woensdagmiddag op die bus klim of met ‘n ander ouer saamry, moet ons die vrywaringsvorm, geteken teruggekry het.

 

​

Die program vir die res van die kompetisie is soos volg:

​

Woensdag kom ons saam by:

Baron's Palace

C/o High & Hope Street

044 2791727

www.baron.co.za

Ons sien mekaar  18:00h  vir aandete. Vir die trekkers is dit nie slegste bord kos van die jaar, maar more mag hy/sy weer eet.

​

Donderdagoggend gaan ons 8:00 om in te weeg.  Na die inweeg gaan kry die trekkers kos 😊.

Donderdag namiddag gaan ons veld toe om die Gazebo’s op te slaan.

Donderdagaand braai ons almal saam en 10:00 is dit ligte uit.

​

Vrydagoggend is ontbyt 6:30 en 7:00 ry ons die openingseremonie om 7:30 en die eerste 480 trek is 8:00. 

Later in die dag trek die 600kg afdeling.  Indien ons ʼn medalje wen in die afdeling, gaan ons wag tot na die Vrydag kompetisie om die medaljes in ontvangs te neem by die prysuitdeling voordat ons teruggaan na die gastehuis toe.

Vrydagaand braai ons weer almal saam en is ligte uit weereens om 10:00

​

Saterdagoggend is ontbyt 6:30 en 7:00 ry ons, sodat ons 7:30 kan aantree.    Die eerste trek is om 8:00.  Na die middag is die 560’s en daarna die dag se prysuitdeling.  Na die medalje oorhandiging vertrek die bus terug Paarl toe, ons sal met die verblyf reël dat die trekkers kan stort voordat ons terugry.

Saterdagaand is ons weer by die huis. Ons stuur whatsapps as ons ry sodat almal weet waar ons is

​

​

Ouers stuur asb. vir julle kinders ʼn sakgeldjie saam vir iets om aan te peusel gedurende die 2 dae wat hulle trek, ʼn energie stafies is ʼn goeie idee vir tussen trekke.  Ons neem 2x 20 liter kanne met energiedrankies saam. 

​

Ten Slotte:

Omdat ons Boishaaiers is, gaan ek nie praat oor gedrag rondom die veld of by die gastehuis nie.  Absolute gehoorsaamheid is nodig om ʼn sukses van die naweek te maak.  Dit is ons sesde SA Kompetisie en ons wil die mense beïndruk met die streng dissipline en perfekte gedrag, soos wat van ʼn Boishaaier verwag word.

Die belangrikste ding wat julle moet onthou is om die naweek te GENIET.

​

Vriendelike groete

Cobus Visagie

 

 
12/03-14/03/2020
 
Please make payment to:
​

H. Franken (HJS toutrek rekening)

FNB 62674438629

Paarl tak

​

make sure the reference is clear and correct. Thanks

bottom of page